Kwalifikasies:
Klavier –
Unisa Graad 8
ABRSM Graad 7
Trinity College Graad 7
Kerkorrel –
UOLMS
Teorie –
Algemene Toonkunstenaarskap
Unisa Graad 7 & 8
ABRSM Graad 6
Trinity College Graad 6
My passie in musiek is baie beslis teorie! Ek poog om teorie vir die leerders sinvol en lekker te maak en om die ou teorieduiwel, wat by so baie kinders spook, nek om te draai. Glo my teorie kan baie lekker en baie vervullend wees! Ek glo dat dit vir kinders baie insiggewend kan wees en daarom ook baie goed is vir goeie kennis en agtergrond in musiek. Dit ondersteun en onderskryf alles wat hulle in die praktiese lesse leer en speel! Teorie is ook n universele taal wat almal regdeur die wêreld praat en verstaan!
Ek glo ek is suksesvol in my benadering aangesien ek sedert 2001 elke jaar ‘n Sertifikaat vir uitstekende Teorieonderrig vanaf Unisa onvang!
Hierdie toekenning word uitgegee as die gemiddeld van jou top 10 leerlinge bokant 95% is.