top of page

Ons Visie

​

Musiek is groot pret en dra by tot die leerder se fisiese ontwikkeling, konsentrasie en intellektuele vermoëns. Dit is medies bewys dat 'n sekere deel van die brein net kan ontwikkel as hy/sy musiek neem. Musiek dra ook by tot die fynmotoriese ontwikkeling en hand-oog koördinasie. 

​

 Kom word deel van die pret en kry al die ander byvoordele van 'n gesonde ontwikkelingspakket. 

Stella Musica Sentrum is in 2001 gestig onder die vlerk van Laerskool Elarduspark. In 2013 breek die Sentum weg van die skool af en is nou ‘n private instansie!

 

Ons het met slegs 40 leerders afgeskop maar het gegroei tot ongeveer 161 leerders. Meeste van die  leerders neem prakties- en teorielesse en sommige leerders is selfs vir meer as een instrument ingeskryf. Ons het ‘n spogspan onderwysers wat buitengewoon passievol oor hulle werk is en gevolglik lewer hulle puik werk! Die bewys van hulle toewyding is duidelik sigbaar in al die uitstekende uitslae wat vir kunstefeeste en eksterne eksamens behaal word.

 

Ons het sopas nog ‘n Musieksentrun in Constantiapark geopen, nl. Stella Musica Duo.

bottom of page